Wildplaasbestuur

Start Time

12:00 am - March 9, 20221

Finish Time

12:00 am - March 21, 20221

Address

Impala Game Ranger Training

Met 17 jaar ondervinding in hierdie afdeling, gee ons die beste leiding en kursus.

Eers beroepsvoorligting:

Indien jy `n jong persoon is wat die bedryf wil betree, moet jy onthou dat jy nie gaan werk kry met NET `n Wildplaasbestuurskursus nie weens jou ouderdom en dit maak dan nie saak of jy `n een week of 3 jaar kursus gedoen het nie. Dit is baie raar dat dit gebeur. Omdat so persoon in `n “bestuursposisie” geplaas moet word gaan `n wildsboer na ouer persone of persone wat reeds ondervinding het, kyk. Kombineer hierdie kursus dus met die Veldgids Kursus en jy het `n versekerde toekoms.

ndien jy die Wildplaasbestuur, Lodgebestuur en Wild kursus bywoon, sal hierdie addisionele kennis en inligting jou net baat aangesien jy soveel meer het om te bied aan ‘n voornemende werkgewer en daarom is jy ‘n meer kompeterende kandidaat! Om ‘n wildplaas te bestuur het jy nie noodwendig ‘n graad of diploma nodig nie. Om hierdie rede het ons na wildplaas eienaars gegaan en by hulle gehoor wat HULLE vereis van ‘n jong, voornemende bestuurder of selfs net `n gids wat ander verantwoordelikhede ook sal hê.

Die verantwoordelikhede van `n Wildplaasbestuurder is om:

  •     Namens die eienaar op te tree.
  •     Opdragte stiptelik uit te voer, betroubaarheid en handigheid aan die dag te lê.
  •     Oorsig oor die algemene werkinge van `n plaas te hou.
  •     Bestuur van personeel, en geboue (lodge).

Die kursus is volgens hierdie vereistes saamgestel en studente “groei” in hul verskeie beroepe in volgens die vereistes van elke wildplaaseienaar.Ons ondervind dat wanneer Impala studente vir onderhoude gaan, wie beide die Wildplaas en Natuur Kursusse suksesvol voltooi het, hulle in die meeste gevalle voorkeur kry! In hierdie kursus kyk ons na veldbestuur, bv. waarna om voor op te let as die veld begin agteruit gaan en hoe om dit te verhoed, wat gebeur in ‘n oord, wie doen wat en hoe, soogdiere en wild, heinings, trofee jag,wildvoeding, damme, paaie ens. Saam met Veldgids Kursus ‘n uitstekende kombinasie. Jou kans om werk te kry verdubbel!

?>