Event

Elke persoon wat al `n troeteldier gehad het kan moontlik saam praat oor hoe hulpeloos `n mens voel wanneer daardie dier beseer word en dringend by `n veearts moet uitkom. Die selfde geld dan ook wanneer jy op `n wildplaas of lodge of selfs `n gewone plaas werk en met beseerde diere te doen kry. In die wild-/plaas bedryf is die afstande ook ver na die naaste veearts toe en jou kennis opgedoen tydens so kursus kan dalk net `n dier se lewe red. Daar is min dinge wat so goor voel as `n dier in jou sorg sy lewe verloor en jy weet jy kon dalk meer gedoen het.  Ek voel dat elke persoon wat `n liefde vir enige soort diere het hom/haar self moet toerus met die nodige kennis om eerste hulp te kan toepas op n dier. Internasionaal geakrediteer. Die kursus is 2 dae, verblyf, etes en werkboek ingesluit.