Gevaarlike Wild & Wapenhantering
- Gap Year, Impala Venue
- 0 (Registered)
-

Tydens hierdie kurus kyk ons na die optrede, gewoontes, waarskuwingstekens, en hantering van gevaarlike situasies. Dit is baie min dat gidse in so posisie beland en indien hulle doen is dit gewoonlik omdat die gids die diere uitgedaag het of geterg het om die gaste te vermaak om beter “tips” of fooitjies te verdien. Dit is egter helpvol om die Groot 5 beter te verstaan, asook ander gevaarlike diere soos seekoeie en krokedille om sodoende op die regte tye uit hul pad uit te kom en nie agressiewe optredes te ontlok nie. Daar is natuurlik tye waar dit onmoontlik is om so situasie te vermy en dan weet so student ten miste hoe om die situasie te hanteer.
Die GROOT misverstand oor wapenhantering
Eerstens neem dit baie ondervinding as gids (op voertuig) om uitstappies te voet in Groot 5 areas te doen, maw`n beginner gids gaan nie sommer in so posisie geplaas word nie. Om kliente op ‘n wildrit te neem in `n groot 5 area het jy (volgens wet) ook nie wapenhantering nodig nie (anders sou almal wat die Kruger wildtuin besoek bv hierdie kwalifikasie moes he!!) Die enigste wetlike vereiste vir `n gids om in `n Groot 5 area gaste uit te neem is die wet wat jou vereis om “Handling of a firearm for business purposes”(123519) te he. Hierdie opleiding word nie deur Natuur- of Veldgids Opleiding Sentrums aangebied nie en moet apart by `n staatsgeakkrediteerde instansie gedoen word. Enige ander opleiding is bloot ekstra opleiding en word nie wettiglik vereis nie. Daar kan lodges wees wat vir ekstra opleiding vra, maar baie van hierdie plekke is nie bewus dat Weapon Handling en Dangerous Game kursusse nie die wetlike vereistes is nie, maar bloot ekstras wat jy kan doen indien jy sou werk kry verder in die toekoms of jou loopbaan. Sien die Professional Firearms Training kursus wat ons aanbied.
Instructor
Lizel is the Owner of Impala Training and also the instructor of the course "Veldgis 1 & 2"