About us

Waarom Impala
Waarop Fokus Ons
Ons Instrukteurs
Waarom Impala? 01

Waarom Impala?

Eko-toerisme is een van die snelgroeiendste ekonomiese sektore in Suider-Afrika. Grondeienaars word daarom genoodsaak om hul plase te omskep in privaat natuurreservate, lodges, boskampe en jagplase. Daar is dus ‘n baie groot vraag na opgeleide natuurgidse en bestuurders in Suid-Afrika en omliggende buurstate.
Asgevolg van die Covid situasie, het ons ook nou betalingsplanne en opsies beskikbaar gestel. Sien bl.17.

Ons kan met trots se dat ons `n leier is wat ondervinding en opleidingstegnieke in kort kursusse betref. Ons is aan die voortou in die bedryf en ons ervaring en sukses word hoog geag. Ons studente kry maklik werk en dit dien as ons grootste bewys dat ons kwaliteit kursusse aanbied. Ons 39 jaar ondervinding is jou toekoms.

By Impala waarborg ons die beste moontlike opleiding, diens en waarde vir geld (en natuurlik ook ‘n onvergeetlike ondervinding in die bos!) Ons rus studente toe om te funksioneer as natuurgids en/of ander relevante natuur verwante rigtings. Die standaarde wat ons aan ons self asook ons studente stel is baie hoog en vermoedelik om hierdie rede kry ons studente, (wie hul kursusse slaag), vinnig en maklik werk! Dan het ons ook al die nodige akkreditasies wat natuurlik die opleidingsentrum sowel as die studente bevoordeel.
Ons poog om selfrespek, selfvertroue, klas, styl, integriteit en etiket by studente te kweek. Uit ondervinding het ons ook geleer dat dit nie die hoeveelheid kwalifikasies is wat jy kan bied nie, maar hoe jy jou kwalifikasies en jouself aanwend, wat jou `n suksesvolle loopbaan verseker.

Waarop Fokus Ons? 02

Waarop Fokus Ons?

NB: Ons fokus op die NQF2 Veldgids Vlak 1 kursus en nie die hoer vlakke veldgids kursusse nie. Dit maak nie saak hoe “hoog” jy kwalifiseer nie, jy bly nog steeds `n gids. NQF4 kan jy privaat boek.
ONS FOKUS OP DIVERSITEIT SODAT `N GIDS `N BETER KANS STAAN OM WERK TE KRY.

Die grootste en belangrikste voordeel van hierdie kursusse is dat jy in `n relatiewe kort periode sulke goeie, effektiewe en uitgebreide opleiding kry dat jy onmiddelik kan begin werk en nie 3-5 jaar studeer en wonder of daar vir jou werk gaan wees nie!! Ons het baie kontakte en verwys graag ons beste studente en soek aktief werk vir studente wat ook ons Vlak 3 en “Gapjaar” kursusse voltooi en geslaag het en natuurlik aan die nodige kriteria voldoen. (Sien Mabalingwe Akademie – deur Impala aangebied)

Ons bied jou die geleentheid om weg te breek van die dag-tot-dag stadsroetines en vir die duur van jou kursus een te word met die BOS! Ons kantoor het geskuif van Warmbad af na ons plaas, te Kromdraai (60km vanaf Warmbad), toe waar die opleiding ook hoofsaaklik aangebied word. Studente word daarvandaan na verskillende wildplase in die omgewing geneem vir uitstappies en projekte. Die reservate en wildplase waavan ons gebruik maak vir verblyf en/of uitstappies, wissel van grootte. Groot en kleinwild spesies (renosters, buffels, luiperds en gewone wild) en +- 200 voël spesies kom ook op baie van hierdie reservate voor.
Studente word tydens hul afsonderlike kursusse na ander oorde soos Shona Langa, Ntokozo, De Wild Cheetah and Wild Dog Breeding Centre, Mabula Game Lodge, Zebula Country Lodge, Mountain View Nature Reserve, Noveni – Balule Nature Reserve, Kruger Wildtuin, Borakolalo Nasionale Park, Marakele, The Elephant Sanctury/Adventures with Elepahants, Khamai Reptile Centre en ander geneem vir uitstappies. Netjiese geriewe, wonderskone natuur en gesonde, Suid-Afrikaanse kos maak elke dag op hierdie kursusse die moeite werd! (Sien Mabalingwe Akademie – deur Impala aangebied)

Leerders spandeer oggende in die veld, bedags is hulle besig met lesings, klastoetse en leer. Aande word om die kampvuur of (verkieslik) met aand klasse, selfstudie en `n nagstap gespandeer. Etes wissel van braai, potjiekos, potbrood en mieliepap tot tunaslaai, ‘hamburgers’, visvingers en “chips”, bredies en gekookte etes.

Aan die stuur van Sake 03

Aan die stuur van Sake

Jou hoof instruktrise en eienaar van Impala, Lizel Cramer, is opgelei in die relevante rigtings, het ‘n Diploma in Toerisme en Openbare Skakelwese en Bemarking, het FGASA Vlak 3, Cyber Tracker Vlak 3 (Tracks and Signs), is `n Cathsseta (theta) assessor, `n Fgasa assessor, het Dangerous Game Site Guide NQF 4, het 20 jaar ondervinding in opleiding, 3 jaar ondervinding in etiket en gedrag, skoonheid en kompetisies, gimnasium en liggaamsbou. Ander instrukteurs se ondervinding is `n totaal van 14 jaar.
Ons is PASSIEVOL en TOEGEWYD om elke student die geleentheid te gee om sy beste te lewer en soveel moontlik kennis in te win.
Kursus fooie sluit etes en verblyf in asook aktiwiteite wat aangebied word. Sertifikate word vir alle kursusse uitgereik wat suksesvol voltooi word.