preloder
Gevaarlike Wild Teorie
January 12, 2018
Voëls
January 12, 2018

Slanghantering

Hierdie kursus is `n eendag kursus waartydens 3 modules aangebied word betreffende die hantering van slange. Op `n oord is dit gewoonlik die gidse se werk om slange uit chalets of om die lodge te verwyder en hierdie kursus spreek die verpligtinge aan. Die kursus is geakkrediteer by die Herpetologiese Vereniging van Mpumalanga en sluit al die gevaarlike slange in. Dit help ook baie vir studente wat `n inherente vrees het vir slange en dit te oorkom en meer van hierdie diere te verstaan en respek te ontwikkel.