preloder
KNP
January 11, 2018
Veldgids FGASA Vlak 2 (NQF L4)
January 11, 2018

Noodhulp

‘n Vereiste vir ‘n natuurgids is Noodhulp – Vlak 1, wat tydens die veldgidsgids kursus aangebied word teen addisionele koste. Dit is `n nasionale sertifikaat en vir 3 jaar geldig.

Hoe kies ek ‘n kursus en watter kursus gaan vir my iets beteken?

Dit is die ideaal om die veldgids kursus met `n Wildplaasbestuurkursus te kombineer aangesien dit jou kanse om suksesvol te wees in `n werksaansoek, verdubbel. Onthou dat die veldgidskursus jou slegs kwalifiseer om `n gids op `n oord te wees. Hou ook ingedagte dat die meeste oorde nie altyd gaste in die oord het nie. Ideaal vir iemand wat industrie betree of vir gidse wat reeds in die industrie is en wat hulself as topklas en uiters goed opgeleide gidse wil kwalifiseer. As ek self moes kies, sou ek persoonlik eerste met hierdie kursus beging het. Die rede daarvoor is dat ons `n groot spektrum en wye verskeidenheid tipes gidswerk en oorde besoek. Met hierdie as agtergrond is dit vir `n jong persoon wat nog nie met die bedryf bekend is nie, baie makliker om dan te SIEN waarheen hy/sy oppad is en die veldgids en ander kort kursusse sal dan baie makliker wees en baie meer sin maak. Onthou ook, hoe beter jou kwalifikasie en ondervinding, hoe groter jou kanse om by gesogte oorde werk te kry! Dus, hoe beter jou kanse op baie goeie salarisse (en fooitjies)!! Die tydsduur van die kursus is 12 dae en dit bevorder ook ondervinding in die veld. Hoe langer jy in die veld is, hoe meer tel dit vir ondervinding!