preloder
Veldgids FGASA Vlak 2 (NQF L4)
January 11, 2018
Wildsplaasbestuur
January 11, 2018

Veldgids FGASA Vlak 1 (NQF 2)

Die kursus se standaard is uiters hoog en uitkoms gebaseer! (Beroepsvoorligting word hier tydens aangebied.) Die kursus is baie volledig en verg toewyding en ‘n opregte belangstelling in die natuur om sukses te behaal. Hierdie kursus behels teoretiese sowel as praktiese werk wat die student toerus om ‘n aanwins vir sy toekomstige werkgewer te wees.

NB: Omdat dit die begin van `n totale nuwe rigting is, is daar baie teoretiese werk en terminologie wat geleer moet word om `n goeie grondslag te lê. Sonder die teoretiese werk kan jy nie eens hoop om met die prakties reg te kom nie! Studente leer hoe om die natuur te interpreteer en op ‘n interessante en betekenisvolle manier hul kennis aan gaste te kan oordra.

‘n Persoon wat belangstel in die rigting moet lief wees vir die natuur asook om met mense te kommunikeer.
Dit is ‘n interessante beroep met baie uiteenlopende fasette en raak nooit vervelig nie!

NB: Wettige gidse moet `n geldige CATHSSETA kwalifikasie hê. Onthou Noodhulp is ekstra en verpligtend!! Ons is Fgasa geakkrediteer wat die aanvraag op meeste oorde is.

Wat is ‘n gids? (…. “Game Ranger” of “Safari Guide”) ‘Guiding is essentially about a genuine enjoyment of people and an honest appreciation of, and dedication to, all the many faces nature has to offer us. It is indeed a privileged occupation. Imagine being paid to take people out into the wilds of Africa! To sit around the warm, flickering flames of a campfire each evening, savoring the smell of wood smoke, while friendships are formed and forged. The people (your guests) for whom you are interpreting Africa have worked long and hard for months, even years, to come and see what you have to show them in a few days. They have great expectations of this brief interval of time. You hold it in your hands to realize their dreams and fantasies of Africa – or to destroy them!’ ‘n Uittreksel uit die boek ‘A Guides guide to guiding’ – Garth Thompson

Natuurgidse word opgelei om toeriste in die veld te kan uitneem en hulle van die natuur en wild te vertel. (‘n Vereiste is dat so persoon ‘n kursus bygewoon en geslaag het!) Tydens jou gaste se kuier is jy ‘n gids, onderwyser, vriend, wildbewaarder, dokter, storieverteller en somtyds die kok! Elke dag is uniek met sy eie verrassings in die veld; jy leer elke dag iets nuut, ontmoet nuwe en interessante mense en sien en ervaar dinge waarvoor ander mense duisende rande betaal (vir net ‘n paar dae in die bos) en dan weer moet terugkeer na hul stede.

Hou in gedagte dat ‘n gids NIE Groot 5 ondervinding, Wapenhantering of SKS-Kwalifikasies nodig het nie. Groot 5 (Trails Guide) is slegs nodig wanneer `n persoon met gaste in groot 5 areas gaan stap en gebeur nie sommer aan die begin van `n persoon se loopbaan nie. Hierdie kwalifikasie is glad nie nodig vir `n persoon wat in die rigting moet BEGIN werk nie en kan `n aanwins wees indien jy reeds `n tydperk in die bedryf werk.

Wat het jy nodig om ‘n gids te wees?
Eerstens moet jy ‘n opregte liefde en belangstelling in die natuur hê. Jy moet oplettend wees en ‘n gesonde nuuskierigheid omtrent alles in die natuur kweek. Tweedens moet jy ‘n positiewe gesindheid hê. Derdens moet jy deurentyd probeer om jou Engels te verbeter (as jy Afrikaans is)!! Indien jy ongemaklik voel met Engels kan jy tydens die kursus ekstra aandag daaraan gee deurdat ons al die werk in Afrikaans en Engels behandel.
Vierdens moet jy teen die tyd wat jy begin werk,

  1.  ‘n geldige bestuurslisensie hê en;
  2. ‘n geldige noodhulp sertifikaat (wat jy tydens die kursus kan verwerf).
  3. (Fgasa kwalifikasie, maw hulle registreer jou by Cathsseta wat die wetlike vereiste is)
  4. wetlik geldige gids wees deur die kursus te voltooi en bevoeg verklaar word en by die nodige organisasies registreer.

Die slang hanterings kursus word ook hiertydens aangebied wat `n bonus vir `n gids is.