| Het jy geweet dat ‘n vuurvliegie deel van die orde Coleoptera wat besies is en dat hul nie verwant aan Diptera (vliee) is nie. |
 |
APRIL NUUSBRIEF!
Laai dit hier af >>
Wat se die mense?
"Wil ook net se baie dankie wat julle vir my kind beteken. Ek het hom skaars herken Saterdag. Hy het nou regtig 'n man geword ek kon my verkyk en is baie trots op hom. Ek sal enige tyd Impala aanbeveel vir die
jongmense."
Baie groete
Marietjie
|
|
Oor ons...
Tans is eko-toerisme een van die snelgroeiendste ekonomiese sektore in Suider-Afrika. Grondeienaars word daarom genoodsaak om hul plase te omskep in privaat natuurreservate, lodges, boskampe en jagplase. Om hierdie rede is daar dus 'n baie groot vraag na opgeleide natuurgidse en bestuurders in Suid-Afrika en omliggende buurstate.
Ons kan met trots se dat ons die onvoorwaardelike leier is wat ondervinding en opleidingstegnieke betref. Dit is algemeen bekend dat ons aan die voortou in die bedryf is en dat ons ervaring en sukses baie hoog geag word. Ons word op `n daaglikse basis gekomplimenteer deur opkomende opleiers wat van ons tegnieke en unieke styl gebruik maak.
By Impala waarborg ons u die beste moontlike opleiding, diens en waarde vir geld (en natuurlik ook 'n onvergeetlike ondervinding in die bos!) Ons rus u toe om te funksioneer as natuurgids asook in ander relevante natuur verwante rigtings. Die standaarde wat ons aan ons self asook ons studente stel is baie hoog en vermoedelik om hierdie rede kry ons studente, (wie hul kursusse slaag), vinnig en maklik werk! Dan het ons ook al die nodige akkreditasies wat natuurlik die opleidingsentrum sowel as die studente bevoordeel.
Ons poog om selfrespek, selfvertroue, klas, styl, integriteit en etiket by studente te kweek.
Die grootste en belangrikste voordeel van hierdie kursusse is dat jy in `n relatiewe kort periode sulke goeie, effektiewe en uitgebreide opleiding kry dat jy onmiddelik kan begin werk en nie 3-5 jaar studeer en wonder of daar vir jou werk gaan wees nie!! Ons het baie kontakte en verwys graag ons beste studente en soek aktief werk vir studente wat ook ons Vlak 3 kursus voltooi en geslaag het en natuurlik aan die nodige kriteria voldoen.
Ons bied jou die geleentheid om weg te breek van die dag-tot-dag stadsroetines en vir die volgende maand een te word met Afrika! Ons kantoor het geskuif van Warmbad af na ons plaas toe waar die opleiding ook hoofsaaklik aangebied word. Studente word daarvandaan na verskillende wildplase in die omgewing geneem vir uitstappies en projekte. Die reservate en wildplase waavan ons gebruik maak vir verblyf en/of uitstappies, wissel van grootte. Groot en kleinwild spesies (renosters, buffels, luiperds en gewone wild) en +- 200 voël spesies kom ook op baie van hierdie reservate voor. Ons spog ook met seker die uiteenlopendste naslaanwerke- en versameling natuur video's waartoe studente toegang het. Studente word tydens hul afsonderlike kursusse na ander oorde soos De Wild Cheetah and Wild Dog Breeding Centre, Mabula Game Lodge, Zebula Country Lodge, Mountain View Nature Reserve, Noveni - Balule Nature Reserve, Kruger Wildtuin, Masebe Nature Reserve, Marakele, The Elephant Sanctury, Khamai Reptile Centre en ander geneem vir uitstappies. Netjiese geriewe, wonderskone natuur en Suid-Afrikaanse kos maak elke dag op hierdie kursus die moeite werd!
Leerders spandeer oggende in die veld, bedags is hulle besig met lesings, klastoetse en leer. Aande word om die kampvuur of (verkieslik) met aand klasse, `n nagstap of wildrit gespandeer. Etes wissel van braai, potjiekos, potbrood en mieliepap tot tunaslaai, 'hamburgers', seekos pasta en gekookte etes.
Jou hoof instruktrise en eienaar van Impala, Lizel Cramer, is opgelei in die relevante rigtings, het 'n Diploma in Toerisme en Openbare Skakelwese, het FGASA Vlak 3, Cyber Tracker Vlak 3, het 11 jaar ondervinding in opleiding en doen asook motiverings praatjies by skole en besighede. Ons is PASSIEVOL en TOEGEWYD om elke student die geleentheid te gee om sy beste te lewer en soveel moontlik kennis in te win. Instrukteurs is ook ten volle tweetalig.
Kursus fooie sluit alle etes en verblyf in asook alle aktiwiteite wat aangebied word. Kameelperde, njalas, waterbokke, elande, koedoes, rooibokke, bosbokke, blesbokke, sebras, blouwildebeeste, gemsbokke, rooihartbeeste,swartwildebeeste en springbokke is maar net `n paar van die ander wildsoorte wat op van die reservate voorkom. Die skaarser roofdiere soos jagluiperds en bruin hiënas laat egter net hul spore vir ons in die sand agter om te vind! Sertifikate word vir alle kursusse uitgereik wat suksesvol voltooi word.
So, hoekom wil jy Impala kies vir jou opleiding?
- FGASA geakkrediteerd
- Bekwame, fyngekeurde instrukteurs tot jou diens.
- Professionele, prakties-georiënteerde en genotvolle opleiding.
- Hoë standaarde wat in die industrie bekend is en aanstellings bevorder.
- Impala se groot hoeveelheid kontakte in die bedryf.
- Hulp met plasings en met werksoek. Ons vra geen addisionele tariewe nie en plaas ons studente net uit by oorde wat self hoë standaarde handhaaf!! Sien IJS.
- Natuurgids kursus twee-in-een. (Impala Vlak 2 ingesluit)
- Uitstekende opleidingsfasiliteit. (Impala het onlangs sy eie wildplaas aangeskaf!!!)
- Uitgebreide video- en naslaanwerkversameling.
- Impala se bekende naam en uitstekende reputasie.
- Huidiglik betsaan Impala reeds 11 jaar en hierdie feit behoort van self te spreek.
Impala is die beste omdat:
- Ons waardes eg Afrikaans is en handhaaf `n Afrikaanse-huishouding-standaard,
- Ons kursusse Afrikaans is - vir Afrikaners en nie vir toeriste of oorsese voornemende gidse nie.
- Instrukteurs opgelei, jonk en lewenslustig is - dit doen wondere vir vormende karakters,
- Ons daar is om jongmense te akkommodeer, te inspireer, hoop vir die toekoms te bied en hulle op hul vlak te bereik. Ons bied motivering uit `n leer-ken-jouself uitgangspunt.
- Jy kan by enige plek opleiding kry, maar nêrens die hegte bande en visie wat by Impala gesmee word nie.
Hoop om jou binnekort daar te sien!!
|