preloder
Hoekom Impala?
January 11, 2018

Opleiding by Impala

Eko-toerisme is een van die snelgroeiendste ekonomiese sektore in Suider-Afrika. Grondeienaars word daarom genoodsaak om hul plase te omskep in privaat natuurreservate, lodges, boskampe en jagplase. Daar is dus ‘n baie groot vraag na opgeleide natuurgidse en bestuurders in Suid-Afrika en omliggende buurstate.

Ons kan met trots se dat ons `n leier is wat ondervinding en opleidingstegnieke in kort kursusse betref. Ons is aan die voortou in die bedryf ons ervaring en sukses word hoog geag. Ons word jare reeds gekomplimenteer deur opkomende instansies wat van ons tegnieke en styl gebruik maak.

By Impala waarborg ons die beste moontlike opleiding, diens en waarde vir geld (en natuurlik ook ‘n onvergeetlike ondervinding in die bos!) Ons rus studente toe om te funksioneer as natuurgids en/of ander relevante natuur verwante rigtings. Die standaarde wat ons aan ons self asook ons studente stel is baie hoog en vermoedelik om hierdie rede kry ons studente, (wie hul kursusse slaag), vinnig en maklik werk! Dan het ons ook al die nodige akkreditasies wat natuurlik die opleidingsentrum sowel as die studente bevoordeel.
Ons poog om selfrespek, selfvertroue, klas, styl, integriteit en etiket by studente te kweek. Uit ondervinding het ons ook geleer dat dit nie die hoeveelheid kwalifikasies is wat jy kan bied nie, maar hoe jy jou kwalifikasies en jouself aanwend, wat jou `n suksesvolle loopbaan verseker.Die grootste en belangrikste voordeel van hierdie kursusse is dat jy in `n relatiewe kort periode sulke goeie, effektiewe en uitgebreide opleiding kry dat jy onmiddelik kan begin werk en nie 3-5 jaar studeer en wonder of daar vir jou werk gaan wees nie!! Ons het baie kontakte en verwys graag ons beste studente en soek aktief werk vir studente wat ook ons Vlak 3 en “Gapjaar” kursusse voltooi en geslaag het en natuurlik aan die nodige kriteria voldoen.