ACCREDITED
Jaggids IJS Etiket Visvang-gids Spoorsny Noodhulp Diere
Wie is ons Kursusfooie Q & A Prospektus

Eko-toerisme is een van die snelgroeiendste ekonomiese sektore in Suider-Afrika. Baie grondeienaars gryp dan ook die geleentheid aan deur hul plase te omskep in privaat natuurreservate, lodges, boskampe en jagplase. Daar is dus 'n baie groot vraag na opgeleide natuurgidse en bestuurders in Suid-Afrika en omliggende buurstate.

 

Wat ondervinding en opleidingstegnieke in kort kursusse aanbetref, kan ons met trots sê dat ons ‘n toonaangewende instansie is.   Ons ervaring en sukses word hoog geag in die bedryf en vir die afgelope 14 jaar volg baie opkomende instansies ons betroubare voorbeeld.

 

By Impala waarborg ons die beste moontlike opleiding, diens en waarde vir geld. En natuurlik ook 'n onvergeetlike ondervinding in die bos!  Studente word toegerus om te funksioneer as natuurgidse en ons bied ook ander natuur-verwante kwalifikasies wat hiermee saamgaan. Ons handhaaf hoë standaarde wat versker dat elke student ‘n uitnemende kandidaat word.  Impala beskik oor al die nodige akkreditasies wat tot voordeel strek van die opleidingsentrum, sowel as die student. Om hierdie redes geniet ‘n kandiaat met ons kwalifikasies baie maal voorkeur wanneer hulle aasoek doen vir werk. Ons poog om selfrespek, selfvertroue, integriteit en professionele etiket by studente te kweek. Ondervinding het ons geleer dat dit nie die hoeveelheid kwalifikasies is wat jy verwerf wat jou ‘n suksesvolle loopbaan verseker nie, maar eerder hoe jy jou kwalifikasies, en jouself, aanwend.

 

Die grootste en belangrikste voordeel van hierdie kursusse is die kort tydsduur. Jy kan binne `n relatiewe kort periode effektiewe en uitgebreide opleiding bekom, wat jou in staat sal stel om onmiddelik te begin werk.  Anders as ander kwalifikasies wat 3-5 jaar neem en jou steeds laat twyfel oor hoe om jou praktiese loopbaan te begin. Ons het baie kontakte en verwys graag ons beste studente. Ons soek ook aktief werk vir studente wat ons Vlak 3 en “Gapjaar” kursusse suksesvol voltooi indien hulle aan die nodige kriteria voldoen.


Ons bied jou die geleentheid om weg te breek van die dag-tot-dag stadsroetine en vir die duur van jou kursus een te word met die BOS! Ons kantoor het geskuif van Warmbad af na ons plaas, Kromdraai, so 60km vanaf Warmbad.  Dit is ook hier waar die opleiding hoofsaaklik aangebied word. Studente word daarvandaan na verskillende wildplase in die omgewing geneem vir uitstappies en projekte.


Die reservate en wildplase waavan ons gebruik maak vir verblyf en/of uitstappies wissel van grootte. Groot en kleinwild spesies (renosters, buffels, luiperds en gewone wild), tesame met ongeveer 200 voël spesies, kom ook op baie van hierdie reservate voor. Studente word tydens hul afsonderlike kursusse op uitstappies geneem na, onder andere, oorde soos: Shona Langa, Ntokozo,  De Wild Cheetah and Wild Dog Breeding Centre, Mabula Game Lodge, Zebula Country Lodge, Mountain View Nature Reserve, Noveni - Balule Nature Reserve, Kruger Wildtuin, Borakolalo Nasionale Park, Marakele, The Elephant Sanctury/Adventures with Elepahants, Khamai Reptile Centre. Netjiese geriewe, wonderskone natuur en Suid-Afrikaanse kos maak elke dag op hierdie kursusse iets besonders!

 

Leerders spandeer oggende in die veld en  verder bedags is hulle besig met lesings, klastoetse en studietye. Aande word soms om die kampvuur deurgebring, anders met aandklasse, selfstudie of `n nagstap. Etes wissel tussen braai, potjiekos, potbrood en mieliepap, tunaslaai, 'hamburgers', visvingers en “chips”, bredies en gekookte etes.


Alhoewel die bogenoemde idillies klink, beklemtoon ons dat die kursus harde werk en toewyding verg.  


Kursus fooie sluit etes en verblyf in, asook aktiwiteite wat aangebied word. Sertifikate word uitgereik vir alle kursusse wat suksesvol voltooi word.

Lize Cramer


Hoof instruktrise, en eienaar van Impala  

Diploma in Toerisme, Openbare Skakelwese en Bemarking,  

FGASA Vlak 3

Cyber Tracker Vlak 3(Tracks and Signs)

Cathsseta (theta) assessor,  

Fgasa assessor  

View Potentially Dangerous Game NQF 4  

15 jaar ondervinding in opleiding

3 jaar ondervinding in profesionele etiket

MENTORS

Paul Viljoen


Lizel se eggenoot

Plaasbestuurder en instukteur

Gekwalifiseerd in die wye verskeidenheid kursusse wat Impala aanbied

Cybertracking-Tracks & Signs Vlak 3.

Hunting and Taxidermy

Ons is passievol oor die kwaliteit opleiding wat ons bied en ontsien geen moeite om vir elke student die geleentheid te bied om ʹn vervullende toekoms te verwesenlik nie.